Kingdom News: Halloween: Onskuldige pret of geestelike kompromie?

Foto: Unsplash

Elke jaar wanneer 31 Oktober nader kom, begin Halloween ook in Suid-Afrika meer aandag trek. Mense trek kostuums aan, restaurante en vermaaklikheidsplekke bied temafunksies aan, terwyl ander Halloween-partytjies by hul huise hou. Gruwelflieks en films met bo-natuurlike temas kry gedurende hierdie tyd ook gereeld aandag op televisie en stroomdienste.

Vir baie mense is dit bloot nog ’n geleentheid om pret te hê en saam met vriende te kuier. Ander sien dit egter in ’n heel ander lig.

Vir Christene laat die belangstelling in Halloween ’n belangrike vraag ontstaan. Is dit bloot onskuldige vermaak, of behoort gelowiges dieper na die betekenis van hierdie viering en hulle eie deelname daaraan te kyk?

Hoewel sommige Christene geen probleem met Halloween het nie, verkies ander om glad nie daaraan deel te neem nie. Maar is die antwoord werklik so eenvoudig soos reg of verkeerd?

Waar kom Halloween vandaan?
Halloween se geskiedenis strek eeue terug en hou onder meer verband met Samhain, ’n antieke Keltiese fees wat die einde van die oesseisoen en die begin van die winter aangedui het.

Volgens sekere destydse oortuigings het die grens tussen die wêreld van die lewendes en die dooies gedurende hierdie tyd vervaag. Later het die viering ook met Christelike tradisies rondom Allerheiligedag verweef geraak.

Die naam Halloween is afgelei van All Hallows’ Eve, die aand voor Allerheiligedag op 1 November.

Deur die eeue het die gebruike rondom Halloween verander. Vandag word dit in baie lande hoofsaaklik as ’n sosiale en kommersiële geleentheid gevier, hoewel beelde van hekse, spoke en bonatuurlike magte steeds ’n opvallende deel daarvan uitmaak.

Wat leer die Bybel ons?
Die Bybel verwys nie direk na Halloween nie, maar bied wel riglyne oor die geestelike lewe en die gebruike waarvan gelowiges behoort weg te bly.

In Efesiërs 5:8–11 word Christene daaraan herinner dat hulle vroeër duisternis was, maar nou lig in die Here is. Hulle word aangemoedig om as kinders van die lig te leef en nie aan die vrugtelose werke van die duisternis deel te neem nie.

Deuteronomium 18:10–12 waarsku teen onder meer waarsêery en towery, asook pogings om met die dooies kontak te maak.
Hoewel hierdie Skrifgedeeltes nie spesifiek oor Halloween handel nie, bied dit beginsels waarvolgens Christene hulle deelname aan bepaalde aktiwiteite kan beoordeel.

In 1 Tessalonisense 5:21 word gelowiges aangemoedig om alles te toets en die goeie te behou.

Dit vra dat ons verder as die uiterlike feestelikhede kyk en onsself afvra of dit waaraan ons deelneem, werklik tot eer van God is.
Wanneer word duisternis vermaak?

Een van die grootste bekommernisse wat sommige Christene oor Halloween het, is hoe maklik dinge wat met vrees en boosheid geassosieer word, as vermaak aangebied word.

Dit wat andersins vrees sou ontlok, word skielik iets waarmee mense lag en feesvier.

Maar waar trek ons die grens tussen onskuldige vermaak en die verheerliking van dinge wat teenstrydig met ons geloof is?

Dit is ’n vraag waarmee veral Christelike ouers gekonfronteer kan word wanneer hulle kinders aan Halloween-aktiwiteite wil deelneem omdat hulle vriende dit doen.

’n Kind wat soos ’n sprokieskarakter aantrek, is nie noodwendig besig om boosheid te verheerlik nie. Tog behoort ouers bewus te wees van die boodskappe waaraan hulle kinders blootgestel word.

Romeine 12:2 herinner gelowiges daaraan om nie aan hierdie wêreld gelykvormig te word nie, maar deur die vernuwing van hulle denke verander te word.

Net omdat iets gewild of algemeen aanvaar word, beteken dit nie dat Christene dit sonder ondersoek behoort na te volg nie.
Die geestelike stryd wat ons nie kan sien nie

Vir Christene is die geestelike wêreld nie bloot iets wat in gruwelflieks uitgebeeld word nie. Die Bybel leer dat daar ’n geestelike stryd is wat verder strek as dit wat ons met die blote oog kan waarneem.

In Efesiërs 6:12 herinner Paulus gelowiges daaraan dat ons stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen geestelike magte van die bose. Hy moedig Christene daarom aan om die volle wapenrusting van God aan te trek sodat hulle teen die aanslae van die duiwel kan standhou.

Hierdie Skrifgedeelte plaas ook die gesprek oor Halloween in ’n ander perspektief. Dit herinner gelowiges daaraan dat geestelike waaksaamheid deel van die Christelike lewe behoort te wees en dat ons nie alles bloot as onskuldige vermaak moet aanvaar nie.

Tog beteken geestelike oorlogvoering nie dat Christene in voortdurende vrees moet leef of oral bose magte moet raaksien nie. Die Bybel leer immers dat ons krag nie in onsself lê nie, maar in die Here.

In Jakobus 4:7 word gelowiges aangemoedig om hulle aan God te onderwerp en die duiwel te weerstaan. Die belofte wat daarop volg, is dat hy van hulle sal wegvlug.

Geestelike oorlogvoering gaan dus nie bloot daaroor om sekere vieringe te vermy nie. Dit gaan oor ’n lewe van gehoorsaamheid aan God, waarin ons deur gebed en sy Woord toegerus word om geestelik waaksaam te bly.

En dalk is daar nog iets wat ons uit Efesiërs 6:12 moet onthou. Ons stryd is nie teen mense nie. Diegene wat anders oor Halloween dink of wel daaraan deelneem, is nie ons vyande nie.

Ons word geroep om geestelik waaksaam te wees, maar steeds met liefde teenoor ander op te tree.

Wat van ons Christelike getuienis?
Ons keuses sê dikwels meer oor ons oortuigings as wat ons woorde doen.

In 1 Korintiërs 10:31 skryf Paulus dat gelowiges alles tot eer van God moet doen. Dit beteken dat Christelike waardes nie net op Sondae of binne die kerkgebou behoort te geld nie, maar ook in die keuses wat ons in ons alledaagse lewe maak.

Terselfdertyd herinner Romeine 14 gelowiges daaraan dat persoonlike oortuigings en die gewete ’n rol speel in sake waaroor Christene verskil.

Dit is egter net so belangrik om te onthou dat ons nie geroep is om met ander te baklei, vinger te wys of hulle te veroordeel omdat hulle wel aan Halloween deelneem nie.

Om iemand met harde woorde aan te val omdat hulle nie ons oortuigings deel nie, weerspieël immers nie die liefde wat Christus ons geleer het nie.

In Johannes 13:34–35 leer Jesus sy dissipels om mekaar lief te hê. Hy sê ook dat mense juis aan hierdie liefde sal herken dat hulle sy dissipels is.

Ons hoef nie ons oortuigings prys te gee om ander met liefde te behandel nie. Dit is moontlik om van iemand te verskil sonder om die persoon te verneder of te veroordeel.

As ons ander wil aanmoedig om die lig van Christus te sien, behoort daardie lig ook deur ons eie optrede sigbaar te wees.

Om die lig te kies
Jesus beskryf Homself in Johannes 8:12 as die lig vir die wêreld. Wie Hom volg, sal nie in die duisternis wandel nie, maar die lig hê wat lewe gee.

Miskien is dit juis waar die belangrikste boodskap vir Christene lê.

Die besluit om nie Halloween te vier nie, hoef nie uit vrees voort te spruit nie. Dit kan eerder ’n bewuste keuse wees om God te eer en getrou te bly aan dit waarin ons glo.

Om die lig te kies, beteken egter meer as om bloot van sekere gebruike weg te bly. Dit beteken ook om Christus se liefde uit te leef, selfs teenoor mense wie se keuses van ons eie verskil.

Ouers kan hierdie tyd gebruik om met hulle kinders oor geloof en geestelike onderskeidingsvermoë te gesels. Dit bied ook ’n geleentheid om te verduidelik waarom sekere gebruike nie noodwendig met hulle gesin se Christelike waardes strook nie.

Uiteindelik gaan dit nie bloot oor ’n datum op die kalender of ’n kostuum wat iemand dra nie. Dit gaan oor die betekenis van ons keuses en die voorbeeld wat ons aan die volgende geslag stel.

Die vraag wat elke Christen behoort te vra, is dalk nie bloot of Halloween gevier mag word nie, maar of dit waaraan ons kies om deel te neem, Christus verheerlik. Net so belangrik is die vraag of die manier waarop ons ander oor hulle keuses behandel, werklik die liefde van Christus weerspieël. (MALISSA SPIES)

Such a time as this

A PSALM Before I RiseToday, I choose to speak to my own soul before I speak to the world.
Not because life has suddenly become easy. Not because every prayer has already been answered. Not because every battle has ended. But because the Psalms have taught me something beautiful: faith is not pretending the storm is gone.

Faith is remembering who God is while the storm is still raging.

So this is my creed. This is my prayer. This is my song for such a time as this.

Lord, I will bless You at all times. Your praise will continually be on my lips, even when my heart feels weary and my hands feel empty. I will not wait for perfect circumstances before I worship You, because Your goodness has never depended on mine. (Psalm 34:1).

When fear finds me, I will not make it my home. I will seek You, and You will answer me. You have never promised a life without trouble, but You have promised that the righteous cry out and You hear them. You deliver them from all their troubles. (Psalm 34:4,17).

I will not believe the lie that I have been forgotten. The Lord is my Shepherd. I lack nothing. He leads me beside quiet waters, restores my soul, and walks with me through the darkest valleys. Even there, His presence is louder than my fear. (Psalm 23:1–4).

I choose to remember this: God is faithful.

He is not faithful because I feel Him. He is faithful because it is His nature. From generation to generation, His love endures. His faithfulness reaches to the skies. (Psalm 36:5; Psalm 100:5).

So I will wait. Not with folded arms, but with hopeful expectation.

I will wait for the Lord. I will be strong and take heart, because every season of waiting is held by the hands of a faithful God. (Psalm 27:14). When an-xiety whispers, I will answer with truth.

God is my refuge and my strength, an ever pre-sent help in trouble. Therefore I will not fear, though the earth gives way beneath my feet. (Psalm 46:1–2).

When I feel too weak to keep going, I will remember that my help comes from the Lord, the Maker of heaven and earth. The One who never slumbers is watching over my life. (Psalm 121:1–8).

Today I choose joy, not because everything is right, but because the Lord is. Today I choose peace, not because I understand the road, but because He directs my steps.

Today I choose hope, because His steadfast love has never failed me once. And if my soul grows quiet, I will preach to it the way David did: “Why, my soul, are you downcast? Put your hope in God, for I will yet praise Him, my Savior and my God.” (Psalm 42:11).

So this is my declaration. I am held. I am seen. I am restored. I am not abandoned. The Lord is just. The Lord is faithful.

The Lord will finish what He began.For such a time as this, I will not be shaken.Amen. (VICKY LUDICK)

Be the first to comment on "Kingdom News: Halloween: Onskuldige pret of geestelike kompromie?"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*