Los uit daai bord

Verkiesingsplakkate breek kan jou duur te staan kom. Foto: KI

Die ontsiering, beskadiging of onwettige verwydering van verkiesingsplakkate is ’n strafbare oortreding.

Volgens die Wet op Munisipale Verkiesings kan oortreders ’n boete of tot vyf jaar gevangenisstraf opgelê word. Die wet maak ook voorsiening vir ’n bykomende hofboete van tot R200 000 ingevolge artikel 78. Dit is nie ’n outomatiese boete per beskadigde plakkaat nie.

Dit sluit onder meer in om op plakkate te skryf of te spuitverf, dit te skeur of te breek, met ’n stok daarop te slaan en dit te beskadig, ’n kandidaat se gesig of partylogo uit te krap, of die inhoud met plakkers te bedek. Die verkiesingsgedragskode verbied ook die vernietiging daarvan.

Meld voorvalle by Oudtshoorn se polisiestasie aan by 044 203 9000 of 044 203 9014. Vir dringende polisiehulp, skakel 10111. Anonieme inlig-ting kan aan Crime Stop by 08600 10111 deurgegee word. (ANGELIQUE ERASMUS)

Be the first to comment on "Los uit daai bord"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*