Meer as 500 neem deel aan tiende Timbercity-fietsren

BO: Die wegspring van die tiende Timbercity-fietsren op Oudtshoorn. ONDER: Van die jonger atlete wat deelgeneem het. (Foto verskaf)

DAAR was Sondag, 17 Oktober ’n samekoms van meer as 500 fietsryers, van vyf provinsies wat op Oudtshoorn toegesak het vir die tiende Timbercity-fietsren!

Fietsryers van so jonk as nege jaar oud, en so oud soos 80 het deelgeneem aan die opwindende fietsren wat naby Kleinplaas op Oudtshoorn afgeskop het. Volgens Corné Bence, president van die Eden Fietsryvereniging, is die feit dat die fietsren in sy tiende jaar is en deelnemers van soveel verskillende agtergronde gelok het duidelike bewyse dat Eden die beste streek in die Wes-Kaap en Suid-Afrika is vir transformasie- en ontwikkelingsinisiatiewe.

Die top-vroue oor die hele fietsren was Kelsey van Schoor (eerste), Liezel du Preez-Anrenson (tweede) en Fienie Barnard (derde). Die top-mans was Theuns van der Bank (eerste), Johannes Trotzky (tweede) en Marchall Hendricks (derde). (Deur Stefan Skapie Goosen)