Hoërskool Oudtshoorn se seunshokkiespan aangewys as beste ontwikkelende span van toernooi

Die Hoërskool Oudtshoorn seuns ope hokkiespan het van 6 tot 9 Oktober aan die Fairmont Hokkiefees in Kaapstad deelgeneem, en weens hul gedrag op die veld en selfs van die veld af, is hulle aangewys as die beste ontwikkelende span van die toernooi. Een van hul spelers, Auden Olivier (in groen) is in die span se wedstryd teen York High aangewys as speler van die wedstryd, en is ook aangewys as beste doelwagter van die toernooi. (Foto verskaf)