Honde en hul eienaars skitter by skou van ’n ander kleur

Die hondeskou by die Volstruis Emporium op Oudtshoorn, Saterdag 16 Oktober, was volgens organiseerders ’n dag vol kleur, pret en plesier. Die hondeskou is deur die Oudtshoorn Diereherberg gereël om geld in te samel vir dierewelsyn op Oudtshoorn, en was nie sommer die gewone soort hondeskou nie - dit was oop vir honde van alle groottes en kleure, soos wat Johanné de Jager (foto bo) met Bolt, en Leslie Stuart (foto onder) en Faro hier wys. Foto’s: Stefan Skapie Goosen