Maquassa wen Parkrun in baie vinnige tyd

FRANCOIS Maquassa was Saterdag 3 Oktober vir die tweede keer in drie weke die wenner van die weeklikse virtuele Oudtshoorn Parkrun met ’n verstommende tyd van 15 minute 10 sekondes. Dit is sy beste tyd oor die afstand van 5 km.

Yaron Venter was tweede (19:53) met Rudolph Clench (22:49), die vorige week se wenner, in die derde plek.

Tarren Jullies (24:11) was vierde en die vinigste van die vroue.
Hierna het gevolg: Johanna Coetzer (25:41), Laetitia Wolmarans (26:32), Francois le Roux (26:32), Conrad Jullies (27:06), Henry Carstens (29;02), Bart Saaiman (29:22), Annemarie Le Roux (32:40), Hildegard Bruwer (34:01), Helena Smit (35:19), Hestia Burger (39:19), Sylvia Le Roux (39:49), Geraldine Loftie-Eaton (42:58), Jan Brink (43:11), Garnett Wicomb (47:07), Deon Jacobs (50:00) en Karin Brink (50:22). (Deur Garnett Wicomb)