Johan en Okkie se duiwe voor

Abie Galant en Okkie Olivier van Ockie&Abe.

DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) en die Klein Karoo Posduifklub (KKPK) het Saterdag (3 Oktober) vanaf Christiana, op die oewer van die Vaalrivier in Noordwes-provinsie, gevlieg.

Johan de Jager en Ockie&Abe van OPK se duiwe is onderskeidelik in die klub se vlug 25 en 26 eerste geklok, terwyl Tobie Ellis van KKPK se duiwe in albei hul vlugte eerste tuisgekom het.

OPK Ope-afdeling wedvlug 25 se uitslae is: De Jager – 1, 2, 3, 4 en 11; Jurie Geldenhuys – 5, 8 en 10; Ockie@Abe – 6, 9, 13 en 15; en Raubenheimer Broers – 7, 12, 14 en 16.

OPK Ope-afdeling wedvlug 26 se uitslae is: Ockie@Abe – 1, 4 en 11; Raubenheimer Broers – 2, 7 en 12; Geldenhuys – 3 en 9; en De Jager – 5, 6, 8, 10 en 13.

KKPK Ope-afdeling wedvlug 25 se uitslae is: Ellis – 1, 10, 14 en 17; Cobus van der Merwe – 2, 4, 6, 8, 11 en 16; George Erasmus – 3, 9, 12, 13, 15 en 18; en Hannes Smit – 5 en 7.

KKPK Ope-afdeling wedvlug 26 se uitslae is: Ellis – 1, 12, 14 en 15; Van der Merwe – 2, 5, 10 en 13; Erasmus – 3, 4, 6, 7, 8, 9, 11 en 16; Smit – 17; en Alvan Fourie – 18 en 19. (Deur Stefan Skapie Goosen)