Wesbank verloor teen Karoo Park

TWEE wedstryde in die 2020 tweedemanstennisliga van die Eden Tennisvereniging is Saterdag 3 Oktober op die bane van die Wesbank Tennisklub afgehandel nadat reën spel op George onmoontlik gemaak het.

Karoopark van Beaufort-Wes, het vir ’n groot verrassing gesorg deur vir Wesbank B met 5-0 te oorrompel, terwyl die span van die George Tennisklub met dieselfde telling teen Rustdene, ook van Beaufort-Wes, geseëvier het.

Die volledige uitslae is soos volg.

Karoo Park (5) teen Wesbank (0):
Enkelspel – Lenneth Plaatjies klop Martin Havenga 6-4, 4-6, 6-4; en Selwyn Visagie klop Danie Steyl 6-2, 6-0.

Dubbelspel – Hilar Jack en Edwin de Bruin verslaan Pieter Schoeman en Ernst Kok 6-0, 6 -1; Lenneth Plaatjies en Hilmar Jack klop Martin Havenga en Pieter Schoeman 6-4, 6-3; en Selwyn Losper en Edwin de Bruyn klop Danie Steyl en Ernst Kok 6-3, 6-3.

George (5) teen Rustdene (0):
Enkelspel – Eric Eyre verslaan Christoffel Hendricks 6-0, 6-0; en Elvin Wentzel klop Sachin Arries 6-1,6-1.

Dubbelspel – M Slabbert en Andries Visagie klop Shavon Laws en Franco Lukas 6-0, 6-0; Eric Eyre en Andries Visagie klop Christoffel Hendricks en Franco Luka 6-0, 6-0; en Elvin Wentzel en Morton Visagie klop Shavon Laws en Sachin Arries 6-1, 6-4. (Deur Garnett Wicomb)