Laaste sakekamergholfdag van die jaar

Die laaste Oudtshoorn Sakekamergholfdag van die jaar het Woensdag (7 Desember) 47 spe- lers na die Oudtshoorn Gholfbaan gelok. Van links is Abri Ferreira, sakekamer voorsitter; Rudi Steyl, bestuurder van die borg Tyremart; wenners Deon Barnard en George Fourie en Jurie Neethling, klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub. Barnard en Fourie het met 45 punte hul teenstanders uitgestof. Foto: Stefan Skapie Goosen