
Klein Karoo Agri se jaarlikse gholfdag het op Donderdag, 7 November by die Oudtshoorn gholfklub plaasgevind.
Soos vorige jare was dit weereens ’n groot bederfdag vir die boere van die omgewing met verskaffers wat gesorg het dat die 128 spelers op elke bof met verversings bedien word.
Die wenners van die dag se 4BBB-formaat was Ettienne van Rensburg, Leon Banting, Flippie Potgieter en Gerrit Fourie. Die formaat van die kompetisie was 4BBB. (LINDI BRILL)