Die Kango Marathon van die afgelope naweek het meer as 1 800 atlete van regoor Suid-Afrika na Oudtshoorn gelok. Daar was sowat 6 000 besoekers wat hulself in Oudtshoorn kom tuismaak het, wat tussen 6 en 8 miljoen rand se finansiële inspuiting vir die dorp se ekonomie beteken het. Die wenners in die mansafdeling van die 42 km-wedloop - waarin atlete kon kwalifiseer vir die bekende Comrades Marathon wat op 11 Junie vanjaar in Kwazulu-Natal plaasvind - was Selwyn Matthews (Nedbank SWD) met Oudtshoorn se Anderson Ncube en Francois Maquassa in tweede en derde plekke onderskeidelik. Foto: Stefan Skapie Goosen