Atletiek-aksie op Oudtshoorn

Die De Jager Sport-kompleks het die naweek gasheer ge-speel vir aksiebelaaide atletiek, met spanne van regoor die Suid-Kaap wat hier kom deelneem het. Erich Falch (bo), een van die dorp se top o.12-atlete, het behoorlik naam gemaak. Hy het sy tweede hoogspring-rekord in sy tweede agtereenvolgende byeenkoms behaal. Foto’s: Denine van Wyk