Junior swemmers van Oudtshoorn gekies om Eden-span te verteenwoordig

Delia van Biljon (heel regs), afrigter van die Fish Eagles Swemklub en Freda Barnard Swemskool op Oudtshoorn saam met haar junior-presteerders. Hierdie jong swemmers is onlangs gekies om as deel van die Eden swem-span te gaan deelneem aan die Wes-Kaapse Interdistrik Junior Spankampioenskap wat op 22 April in George aangebied word. Hierdie byeenkoms val onder die ‘level 1’-kategorie. Die Oudtshoorn-verteenwoordigers is agter van links Daniël Anker, Nienke Boshoff en Lleané du Plessis. Voor van links is Pienaar Muller, Charney Nathan en Nika Odendaal. Volgens Van Biljon sal spanne van Eden Aquatics, Cape Town Aquatics, Sentraal Karoo, die Weskus, Overberg en Cape Winelands aan hierdie byeenkoms deelneem. Foto: Stefan Skapie Goosen