Fourie Delport hou Oudtshoorn se naam hoog op tennisbane

Fourie Delport (11), ster tennisspeler van Oudtshoorn - waaroor Die Hoorn reeds menigmale berig het weens sy prestasies op die tennisbaan - het weer die dorp se naam hoog gehou toe hy onlangs sy staal gewys het teen die beste o.12 spelers in die land. Delport het sesde by die SA Junior Tenniskampioenskap in Bloemfontein geïndig. Foto verskaf