Besoeker eerste in Oudtshoorn Parkrun

Louis Trichard van Durbanville. Foto: Garnett Wicomb

HENRICO VAN TONDER was Saterdag (8 April) die vinnigste van die 59 deelnemers aan die 332ste Oudts-hoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed met ’n tyd van 21 minute 8 sekondes.

Ulrich Rademeyer (21:25) was kort op sy hakke met Jandré Bakker (23:13) in die derde plek.
Esteé Coetzee was die vrouewenner met ’n tyd van 24 minute 29 sekondes.

Louis Trichard van Durbanville het sy 100ste parkrun met sy eerste deelname op Oudtshoorn bereik.
Saterdag se voorste deelnemers was Van Tonder (21:08), Rademeyer (21:25), Bakker (23:13), Herman du Preez (23:48), Schalk Joubert (24:22), Coetzee (24:29), Jakob van Rouendal-Smit (24:38), Paulene Engelbrecht (24:47), Cobus Diep-raam (25:00), Fanie Olivier (25:20), Salomo Wright (25:46), Tarren Jullies (26:05), Johann Coetzer (26:41), Alexandre Barriere-Izard (27:07), Bryan Ferguson (27:35), Trichard (27:41), Brendan Mills (28:08), Brian Jullies (28:15), Annalene Burger (28:31), Charl Burger (28:33) en Albertus Kennedy (28:44). (Deur Garnett Wicomb)