Harlequins en Bridgton meet kragte

Harlequins Rugbyklub, verbonde aan die Infanterieskool op Oudtshoorn, het Saterdag (18 Februarie) die manne van die Bridgton Rugbyklub op die Bridgton Sportgronde aangepak en in ’n taai wedstryd met 14 punte tenoor 10 gewen. Soos gewoonlik het hierdie twee spanne die skare op hul voete gehad met aksiebelaaide spel. Hier sak drie van die Harlequins op ’n Bridgton-speler af. Foto: Ebenezer Titus