DIE tweede rondte van vanjaar se Fritz Meissner spankompetisie van die Eden Seniors Tennisver-eniging, word Saterdag (4 Junie) op Oudtshoorn op die bane van die Wesbank Tennisklub, Langenhoven Gimnasium en die Hoërskool Oudtshoorn aangebied.
Altesaam 29 spanne – dit wil sê 116 spelers – waarvan 17 mans- en 12 vrouespanne, het ingeskryf vir vanjaar se 190’s en 240’s spankompetisie.
Spanne in die 190’s-kompetisie bestaan uit vier spelers waarvan die gesamentlike ouderdom nie minder as 190 jaar moet wees nie, en in die 240’s-kompetisie uit spanne met ’n gesamentlike ouderdom van ten minste 240 jaar.
Vanjaar se kompetisie het ’n maand gelede op George afgeskop.
Saterdag se wedstryde begin onmiddellik na die unie se algemene jaarvergadering in die tennisklub se klubhuis wat om 08:00 begin.
Toeskouers is welkom. (Deur Garnett Wicomb)
Groot tennis Saterdag op Oudtshoorn
