Die Neppon Warriors Dominoesklub is Sondag (29 Mei) gekroon as die Oudtshoorn dominoeskampioene nadat hulle die Duduza Dominoesklub in die eindstryd van die Oudtshoorn Dominoes-unie se Somerliga geklop het. Die eindtelling was 80 - 52. Die wenspan is voor van links Leah Appel, Roseline Swarts en Karool Appel. Agter van links is Jafta Ruiters, Sem Appel en Koos Deport. Kerneels April (foto onder) moes hospitaal toe geneem word voor die einde van die spel. Altesame nege spanne van regoor Oudtshoorn het aan die liga deelgeneem wat oor 13 Sondae sedert Maart aangebied is. (Foto’s verskaf)