Groot aksie by trips-toernooi

Die wenners van die Oudtshoorn rolbal-klub trips is van links Billy Radloff, Peter Hufkie, Zakes Salemane en Rudi Venter (President Oudtshoorn Rolbalklub). Foto's: Lindi Brill

DIE Oudtshoorn Rolbalklub het verlede naweek hul trips-toernooi in Oudtshoorn aangebied.

Die toernooi was deel van die Oudtshoorn Sportfees. Spanne van oor die hele Wes-kaap het ingeskryf vir die toernooi. Daar was altesaam 38 spanne wat deelgeneem het.

Die borge vir die toernooi was Oudsthoorn Munisipaliteit, Timbercity, PG Glass, Jolana Groentemark en Greg Young van die Outeniqua Rolbalklub. Die wenners van die naweek is Billy Radloff en sy span.

Die tweede plek is behaal deur Maruis Roberts en sy span en derde was Kurt Steyn en span. (Deur Lindi Brill)