Stiaan die vinnigste by 346ste Parkrun

DIE twaalfjarige Stiaan van Wyk (foto links) het Saterdag die 346ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed met ’n nuwe persoonlike beste tyd van 20 minute 59 sekondes gewen.

Johanna Claassen van die George Nedbank Running Club was met 25 minute 37 sekondes tweede van die dag se 38 deelnemers en die vrouewenner, met die 11-jarige Alexander van Wyk (25:58) derde.

Marieta Nieman van George het Saterdag die mylpaal van 100 parkruns bereik, terwyl die bekende veteraan, Johann Coetzer, Saterdag sy 280ste voltooi het. (Deur Garnett Wicomb)