Gewilde spankompetisie die naweek voortgesit

DIE gewilde Fritz Meissner 190’s spankompetisie van die Eden Tennis-vereniging word Saterdag (4 September) met die vierde ronde voortgesit.

Die veertien mans- en twaalf vrouespanne, altesame 104 spelers, sal mekaar op die tennisbane van die klubs van George, Hartenbos, Klein Brakrivier en Knysna pak.

In afd A vir mans is dit die span van Marius Theron wat net-net voorloop met 152 punte teenoor die 150 punte van Helgard Muller.

Die span van Debra Hyde is met 170 punte die voorlopers in afd A vir vroue met die span van Karin Deltenre tweede met 158 punte.

In afd B loop die span van Robyn Smuts voor met ’n totaal van 175 punte, met die span van Helena Haasbroek in die tweede posisie met 170 punte.

In afd B vir mans wat in twee groepe meeding loop die spanne van Kowie Pretorius en Louis du Preez voor met onderskeidelik 166 en 169 punte.

Die spanne van André Claassen (161 punte) en Perino Pama (142 punte) is onderskeidelik in die tweede plekke. (Deur Garnett Wicomb)