DIE 79-jarige Garnett Wicomb, bekend op Oudtshoorn as vryskutjoernalis en -fotograaf, het Saterdag (12 Maart) by Surval Olyflandgoed ’n merkwaardige mylpaal behaal deur sy 200ste Parkrun kaf te draf!
Wicomb het vandeesweek gesê dat dit lekker was om sy 200ste Parkrun te kon voltooi, en dat dit slegs deur genade was dat hy dié 5 km-pretloop vir die 200ste keer kon klaarmaak.
“Baie dankie vir al die gelukwensinge. Nou vir die 300!” het hy bygevoeg.
Volgens Wicomb het hy in 2017 by Parkrun aangesluit. Hy het gesê dat dit die beste manier is om gemaklike oefening in die buitelug te kry.
Wicomb berig dat DW Botma (19) dié Saterdag die wenner van die 277ste Oudtshoorn Parkrun was met ’n tyd van 20 minute 20 sekondes. Nog twee juniors; AJ van Tonder (14) en Stiaan van Wyk (10), het hom minute later in tweede- en derdeplek onderskeidelik gevolg.
Alida Geldenhuys (14) was die vrouewenner met haar tyd van 27 minute 40 sekondes.
Die voorste hardlopers van die 47 deelnemers en hul tye was Van Tonder (23:22), Van Wyk (23:43), Meiring Loubser (26:00), Abrie van Tonder (26:25), Petrus Geldenhuys (27:58), PA Geldenhuys (29:04), Tarren Jullies (29:10), Francois le Roux (30:53), Arnold Potgieter (30:53), Conrad Jullies (32:03), Jacques Jacobs (33:01), Henry Carstens (32:37), Malan Engelbrecht (34:09), Pieter de Keller (34:41), Bart Saaiman (34:55), Ellenore Cronje (36:24), Willemien van Tonder (38:04), Johannes Paige (38:36) en Maurice Wicomb (40:07). (Deur Stefan Skapie Goosen
Garnett voltooi 200ste Parkrun!
Garnett Wicomb (79) vier sy 200ste Parkrun
Saterdag, 12 Maart.
(Foto verskaf)