Rolbalkampioene en besigheidsliganuus

Die Oudtshoorn Rolbalklub en so ook sy lede was die afgelope tyd baie besig! Tydens die onlangse Eden Novice-kompetisie op George het Oudtshoorniete “gedomineer” volgens die klub, met Frikkie Vermeulen (links) wat derdeplek in die mans enkelspel verower het, Johan Saayman wat tweedeplek in dieselfde afdeling ingepalm het, en Skwik Luyt wat eersteplek in die vroue-afdeling behaal het. In die klub se Alert Patrol Besigheidsliga, waarin 42 spanne van regoor Oudtshoorn deelneem, staan Laerskool Wesbank na week 4 eerste, gevolg deur Johnson’s Bricks en Tyres & Treads. Die vyfde rondte is na druktyd gespeel. (Foto verskaf)