Colridge Primêr lewer ster atlete

Colridge Primêr op Oudtshoorn het onlangs hierdie stêr-atlete gelewer. Al drie is op 5 Maart na aanleiding van ’n interstreekbyeenkoms in die Eden Atletiekspan opgeneem. Van links is Monray Januarie (11), Duwayne Kammies (13) en Equin Josephs (12). Hulle het reeds op 12 Maart die Eden-span verteenwoordig, waar Josephs uitgeblink het en die Wes-Kaap-span gehaal het. Hy sal tussen 24 en 26 Maart in Potchefstroom aan die SA-proewe deelneem. (Foto verskaf)