Francois weer vinnigste

FRANCOIS LE ROUX was Saterdag vir die tweede agtereenvolgende week die wenner van die weeklikse virtuele Oudtshoorn Parkrun met sy tyd van 26 minute 53 sekondes.

Van die nege deelnemers aan die 66ste virtuele Parkrun was die vete-raan Henry Carstens tweede (27:17) en Bart Saaiman (29:41) derde. Hulle is gevolg deur Abraham Hendricks (30:35), Conrad Jullies (31:13), Annemarie le Roux (31:22), Hildegarde Bruwer (32:50), Sylvia le Roux (35:55) en Garnett Wicomb (42:32).

Francois le Roux het die vorige Parkrun (65ste) in ’n tyd van 25:19 gewen, met Tarren Jullies (26:34) kort op sy hakke. Ná hulle was Ru-dolph Clench (26:58), Carstens (27:17), Saaiman (28:58), Jullies (29:08), A le Roux (29:48), Hendricks (31:00), Jakobus Weyers (32:35), Bruwer (34:14), S le Roux (35:32), Belinda Muller (39:34), Leonie Stuurman (39:34), Wicomb (45:30), Jean-Pierre Bruwer (50:23) en Echbert le Roux (58:05).

• Die voortsetting van die Oudtshoorn Parkrun by Surval is weer deur Parkrun SA uitgestel. Dié keer tot Saterdag, 28 Augustus, om 08:00. (Deur Garnett Wicomb)