Attakwas Extreme is hier!

Die uitmergelende Attakwas Extreme-bergfietsren gaan die naweek voort! Hierdie toneel uit ’n vorige Attakwas, wat oor berge en deur dale lei, toon aan dat die fietsren beslis nie vir die onfikses is nie. Volgens die organiseerder, Dryland Event Management, spring deelnemers Saterdag (21 Augustus) om 06:30 weg van verskillende punte in Vredestraat op Oudtshoorn, en eindig die fietsren na 121 km by Pine Creek in Groot Brak. Ook bekend as die “Hel van die Suide”, is hierdie een van die taaiste fietswedrenne in die land met ’n vertikale klim van 2900 meter. (Foto verskaf)