Francois draf Parkrun kaf

Francois Le Roux het met ’n tyd van 26 minute 28 sekondes Saterdag (18 September) weer die vinnigste tyd aangeteken en daarmee die 71ste virtuele Oudtshoorn Parkrun gewen.

Conrad Jullies se tyd van 28 minute 32 sekondes was die tweede beste gevolg deur Henry Carstens (28:59) in die derde plek.

Die res van die deelnemers en hul tye was: Annemarie le Roux (29:49), Bart Saaiman (29:52), Hildegarde Bruwer (30:05), Abraham Hendricks (30:58), Sylvia le Roux (37:00), Garnett Wicomb (45:35) en Febe van Wyk (58:00). (Deur Garnett Wicomb)