DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) se lede het hul wedvlugduiwe Saterdag (18 September) op Wolmarans-stad in die Noord-Wes Provinsie losgelaat, met die duiwe wat tussen 794 en 800 km gevlieg het terug huistoe.
In wedvlug 27 het een van Hannes Smit se duiwe Johan de Jager se kans om die top 3 plekke in te neem gekortwiek, en het Smit se duif eerste tuis geklok. In wedvlug 28 was De Jager se duiwe eerste en tweede, met een van George Erasmus se duiwe in die derde plek.
Wedvlug 27-uitslae: Smit – 1 en 8; De Jager – 2, 3, 9, 11, 12, 13, 14, 15 en 21; Erasmus – 4, 6, 7, 10, 16, 17, 19 en 20; en Ockie@Abe – 5 en 18.
Wedvlug 28-uitslae: De Jager – 1, 2, 4, 5, 6, 7, 10, 12 en 15; Erasmus – 3, 8, 9, 14, 17 en 19; Ockie@Abe – 11, 13, 16 en 18; en Smit – 20. (Deur Stefan Skapie Goosen)
Wedvlugte van Wolmaransstad
Só lyk dit wanneer wedvlugduiwe losgelaat word. Hierdie foto is tydens ’n vorige wedvlug geneem. (Foto verskaf.)