FOURIE DELPORT, kranige tennisspeler van Oudtshoorn, het nog ’n trofee die afgelope naweek verower. Hy het aan die Kaapstad Mini 1 Tennistoernooi deelgeneem en met die louere in die seuns o.12 enkelspelaf-deling weggestap.
Fourie het in die finaal gemaklik met 6–3 en 6–0 afgereken met Rubin Smit van die WP. Dit was Fourie se vierde titel die afgelope twee maan-de!
“Talent speel natuurlik ’n baie groot rol, maar talent op sigself waarborg nie sukses nie. Fourie se harde werk, toewyding en sy dissipline is deurslaggewend tot sy sukses,” sê Pieter van der Walt, Fourie se afrigter. Van der Walt is van mening dat ’n speler met Fourie se talent en geesdrif baie skaars is en dat so ’n speler met baie sorg afgerig en ook bestuur moet word.
Van der Walt voeg by dat Fourie ’n besondere sterk ondersteuningsbasis het, wat deur sy ouers en afrigter in plek gestel is, en dit van groot belang is vir die jong man se sukses.
Fourie stap met louere weg in Kaapstadtoernooi
Fourie Delport, jong tenniskampioen van Oudtshoorn (regs) en sy afrigter van die afgelope drie jaar, Pieter van der Walt van Totally Tennis op Oudtshoorn. Fourie het oor die afgelope twee maande vier tennistitels ingepalm. Volgens van der Walt kan Fourie se sukses aan verskeie faktore toegeskryf word. Foto verskaf