Enjins brul weer op Redrock Raceway

Vir aanhangers van ovaalbaanwedrenne was die brullende enjins wat Saterdag (14 Augustus) Oudtshoorn se lug ingevaar het, musiek vir die ore. Oudtshoorn se Redrock Raceway, voorheen bekend as die Arnold de Jager Ovaalrenbaan, het weer aksie gesien met renjaers van regoor die Tuinroete wat aan ’n amptelike oefensessie kom deelneem het. Vroeër hierdie maand het Oudtshoorn Motorklub-lede ook uitstekend presteer by Victory Raceway in Gqeberha. Corné Greeff het die Hotrods-afdeling gewen en is as drywer van die dag aangewys. Hendricus Botha het die 2.1’s gewen, Kerwyn Muller die Heavy Metals, en Coenie Meyer het derde-plek verower in die V8-afdeling. Foto’s: Stefan Skapie Goosen