Jakkie Louw sing temalied vir Laurus se digbundelprojek

Jakkie Louw. Foto erskaf

DIE gewilde sanger Jakkie Louw en gebore Oudtshoorniet, is die stem agter ’n “temalied” vir ’n digbundelprojek van die Laerskool Laurus op Oudtshoorn.

Dié temalied, Deur die oë van ’n kind, is ook deel van konserte vandag (Woensdag 18 Augustus) en Donderdag 19 Augustus op Oudtshoorn waarin Jakkie optree, en waarin hy ook van sy nuwe musiek sing.

Jakkie is vroeër vanjaar deur ’n vriend en musikant Willdrew Maya gevra om betrokke te raak by Laerskool Laurus se digbundelprojek.

Die liedjie is aan Jakkie, wat tans in Pretoria woon, gestuur met die musiek en woorde deur plaaslike Oudtshoorn musikante. Jakkie sê hy het so ’n bietjie aan die pragtige temalied se woorde geskaaf en dit teruggestuur vir goedkeuring.

Die temalied is in sy ateljee in Pretoria opgeneem en wil help met bemarking van die digbundel. Die liedjie is van Woensdag 18 Augustus aanlyn beskikbaar.

Jakkie tree op 18 en 19 Augustus op by Eden (die ou Principia-skool in Draaistraat) om die liedjie en bundel te loods saam met die plaaslike orkes. Hy gaan ook van sy oorspronklike nuwe musiek sing wat eers op 3 September aanlyn beskikbaar sal wees.

Kaartjies is beperk as gevolg van die huidige inperkingsregulasies. Die konserte kos R100 per persoon en begin om 18:00. Almal is welkom.