Dust 4 Glory ’n unieke ervaring vir almal

Bo en onder: Deelnemers aan die Dust 4 Glory-hindernisren is behoorlik getoets, en spanwerk was van uiterste belang. Foto’s: Gerber Sports Photography

SATERDAG se Dust 4 Glory-hinderniswedren was volgens die orga-niseerders weer eens ’n unieke ervaring vir oud en jonk, en ook die derde uitgawe van hierdie uitdagende kompetisie wat op Wilgewandel Vakansieplaas op die Kango Grotte-pad aangebied is.

Die hinderniswedren, wat in samewerking met Klein Karoo Dust 4 Glory en Chain Gang Events aangebied is, het vanjaar volgens Pienaar Muller van Wilgewandel tesame met hul Oktober Bierfees plaasgevind, wat vir ’n baie feestelike atmosfeer gesorg het.

Deelnemers van alle ouderdomme het óf individueel óf in spanne deelgeneem.
Deelnemers het volgens Muller van regoor die land gekom, en hul families en vriende saamgebring.

Wenners (eerste tot derde)
Pro Mans: Daniel Hughes, Bert Verlinde, Johan Smit.

Pro Dames: Stephanie Griffiths, Elaine Fouche, Mariaan Steenkamp.

Korporatief Pro: Team 2 Fit Guys & 2 Fatties, Team Ricoh.

Medium Mans: Barend Smit, Ethan Voigt, Johan Marais.

Medium Dames: Melanie Verlinde, Charlotte Wagener, Sandra Marais.

Korporatief Medium: Team 4ever Family, Team Modderotters, Team Karoo Oesters.

Graad 6/7-spanne: Team Unstoppable van Laurus, Team Superheroes van Laerskool Wesbank

Mini Seuns: Jacques Smit, Jean Botha, Mischa Smethler.

Mini Dogters: Iza Lourens, Jani Botha, Annebel Smith.