
DIE DKD Eagles rugbyspan van die Oudtshoorn Gevangenisdiens het verlede Saterdag deurgedring na die finaal van die Karoo streekliga.
Hulle het teen Beaufort-Wes in die semifinaal gespeel en met ’n telling van 16 -12 as oorwinnaars uit die stryd getree.
Hierdie oorwinning het daartoe bygedra dat hulle opskuif vanaf die Karoo streekliga na die President B-liga.
Die finaal word op 26 Augustus gespeel waar die Eagles teen die Young Leafs van Waboomskraal te staan sal kom. Die spelers wat vir die span in die finaal sal speel word op 24 Augustus bekendgemaak.
Dit is die eerste keer in 15 jaar wat die Eagles in die finaal van die Karoo streekliga sal speel. (Deur Lindi Brill)