Gimmies trotseer Hoërskool Robertson op sportveld

Langenhoven Gimnasium het verlede Saterdag vir Hoërskool Robertson die stryd aangesê tydens ’n interskole-sportdag op Oudtshoorn.

Die uitslae van die eerste spanne was soos volg: Die eerste rugbyspan se telling was 12 – 26 in die guns van Robertson, die eerste dogterhokkiespan se telling was 0 – 1, die eerste seunshokkiespan se telling was 0 -2 en die eerste netbalspan het ’n oorwinning van 50 – 18 behaal. Foto’s: Lindi Brill