Drie afrigters van Black Mountain CrossFit op Oudtshoorn het die afgelope naweek hul staal gewys toe hulle tydens die internasionale CrossFit Open se kwarteindrondte vyf uitmergelende fisieke toetse aangepak het. Meer as 100 000 mense het vanjaar deelgeneem, waarvan 40 van Oudtshoorn afkomstig was. Riekie Erasmus (links) het 68ste in die Afrika vroue-afdeling geeïndig, Corné Hoffman (middel) was 188ste in die Afrika mans-afdeling, en Melanie Verlinde (regs) het die 91ste plek in die Afrika vroue-afdeling ingeneem. (Foto verskaf)