Ankhe blink uit

Ankhe Muller (17), ’n leerling van Langenhoven Gimnasium, het verledenaweek by Elim aan die 80 km kompiteerende uithourit deelgeneem. Sy was die tweede liggewig ruiter oor die wenstreep gewees met die perd Saruk Bukhali. Sy het die 80 km voltooi in ’n tyd van 04:16:40. Ankhe ry vir die Perdestoet, Saruk van die Herbertsdale distrik. Die weerstoestande was uiters warm met hoë humi-diteit, maar die baan was pragtig gewees. Foto: Wilhelm Sieberhagen van Picsieb Photography