Aksie tydens interskole op Oudtshoorn

Bo en onder: ’n Interskole-atletiekbyeenkoms op Oudtshoorn se De Jager Sportveld het Woensdag (9 Februarie) gesorg vir aksiebelaaide kompetisie. Foto’s: Ebenezer Titus

’N INTERSKOLE-ATLETIEKBYEENKOMS tussen die Hoërskool Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium, die Hoërskool Outeniqua van George en die Hoërskool Punt van Mosselbaai het Woensdag (9 Februarie) gesorg vir groot opwinding op die De Jager Sportveld op Oudtshoorn.

Ongelukkig vir die plaaslike atlete is die dag oorheers deur Outeniqua en Punt se atlete.

Selfs die “geesbeker” is deur Outeniqua inge-palm met Punt in tweede plek, gevolg deur die Struisies en Gimmies. Daar is ook 22 rekords op die dag verbeter.

Meisies-uitslae: beste o.14 – Mia Herselman (Punt); o.15 en beste algeheel – Mieke Coetzee (Punt); o.17 – Chanelle Britz (Outeniqua); o.19 – Anika Beukes (Punt).

Seuns-uitslae: beste o.14 – Walter van Rensburg (Punt); o.15 en beste algeheel – Grant Savage (Outeniqua); o.17 – Deacon Cooper (Outeniqua); o.19 – Keith Syster (Outeniqua). (Deur Stefan Skapie Goosen)