Cameron Joseph, ’n besoeker van Kaapstad, was Saterdag (12 Februarie) met sy eerste deelname aan ’n Parkrun, die wenner van die 273ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed.
Joseph het die 5 km-wedloop in 22 minute 50 sekondes gewen.
Johann Coetzer (25:35) was tweede, Mathys Myburgh (26:35) derde en Abraham Hendricks (26:48) vierde.
Tarren Jullies (26:49) was vyfde algeheel en die wenner van die vroue, met die 16-jarige Benjamin Brand (29:22), en die eerste junior deelnemer, sesde.
Hierna het gevolg David Brand (29:23), Kruge Roeloffze (31:25), Michael Brand (31:33), Johan André du Preez (31:45), Bart Saaiman (31:49), Henry Carstens (31:53), Conrad Jullies (34:44), Franco Persello (35:56), en Louise van Weele (36:04).
• Die Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdagoggend by Surval Olyflandgoed aangebied. Wegspringtyd is om 07:00, deelname is gratis en almal is welkom. (Deur Garnett Wicomb)
Besoeker wen 273ste Oudtshoorn Parkrun
