Agt klubs deur na die kwarteindstryd

So lyk die puntestand huidiglik na Sondag se wedstryde.

Sondag het die Smartie Town Giants hul plek in die top 8 van die liga verseker deur ’n oorwinning teen die Vikings te behaal.

Hierdie belangrike wen het hulle ’n stewige posisie in die kompetisie gegee en verseker dat hulle aan die uitklopfase gaan deelneem. Tegelykertyd het die Lazer’s hul leiersposisie bo-aan die punteleer behou deur ’n oorwinning oor die Mighty Warriors.

Na ’n totaal van 22 wedstryde is die kompetisie nou op ’n spanningsvolle punt waar spanne regmaak vir die komende kwarteindstryde. Met net een liga-wedstryd oor, is dit duidelik watter spanne die uitkloppe gaan bereik.

Die span wat deurgedring het na die volgende rondte sluit in Lazer’s, Eagles, Neppon, Challengers, Duduza, Rotweilers, Tornado’s, sowel as die Smartie Town Giants. Hierdie spanne gaan mekaar nou in die uit-klopwedstryde aanvat om te stry vir ’n plek in die halfeindstryd.

Die volgende wedstryde, wat Sondag plaasvind, beloof om opwindend te wees. Mighty Warriors gaan die Vikings uitdaag, terwyl die Rebels teen die Smartie Town Giants gaan speel. Lazer’s neem dit op teen Duduza, en Tornado’s gaan meeding teen die Challengers. Verder gaan Neppon die Rotweilers uitdaag, terwyl die Eagles die Golden Stars in ’n kragtige wedstryd gaan ontmoet.

Met die uitkloppe wat nader kom, sal elke wedstryd van groot belang wees en die spanne is vasbeslote om hul plek in die kompetisie te verdedig en vorentoe te beweeg. Die toeskouers kan uitsien na ’n reeks intense en opwindende wedstryde. (GRANWILLE GOLIATH)