Saterdag het vyf spanne op Dysselsdorp mekaar in die stryd aangesê ter voorbereiding vir die Heritage- toernooi.
Benefica het hul wedstryd verloor. Die senior spanne van Infanterie Skool FC Seniors en De Rust United FC het ’n 3-3 gelykop gespeel.
Die o.17-span van Alpha FC Odn (Infanterie Skool FC) het met 5-0 teen De Rust United FC gewen. By die o.11’s het Alpha FC Odn / Infanterieskool Jnr FC met 1-0 teen die span van De Rust United FC verloor.
Die tweedejaars Heritage-sokkertoernooi vind op Saterdag 2 November by die Infanterie Skool se sportterrein plaas.
Belangstellendes kan vir meer inligting Desiree Mawela by 069 423 5947 kontak.
Die toernooi beloof om ’n opwindende geleentheid vir jong sokkerspelers te wees om hul vaardighede te wys en te verbeter. (GRANWILLE GOLIATH)
Voorbrand sokkerwedstryd vir die jaarklise Heritage Sokkertoernooi
Foto: Granwille Goliath