40ste herdenking van KFC mini-krieket gevier

Sommige het gedans (bo), maar álmal het krieket gespeel (links) toe KFC mini-krieket Saterdag (20 Augustus) sy 40ste bestaansjaar in Suid-Afrika gevier het. Meer as 10 000 kinders het landwyd aan die dag deelgeneem, met bykans 600 kinders van 46 skole in die SWD-distrik wat op die Six Gun Grill Recreation Ground in Oudtshoorn toegesak het vir die dag se vieringe. Foto’s: Stefan Goosen