’n Handvol leerders van Laerskool Wesbank op Oudtshoorn het onlangs uitstekend presteer op sportgebied en hul skool en die dorp se naam goed verteenwoordig deur óf ’n Eden- óf SWD-span te haal in hul onderskeie sportsoorte. ONDER: Leani Vermeulen (links) en Runé Booysen is onderskeidelik opgeneem in die o.12 en o.13 Eden Netbalspan. Beide gaan van 14 tot 16 Julie deelneem aan ’n interdistriktetoernooi in Wellington. BO: Van links is Andreas Gouws (akademiespan), Franco Pienaar, Ruben Pienaar en Gerrit Janse van Rensburg wat gekies is tot die o.13 SWD Cravenweekspan. (Foto’s verskaf)