FANIE OLIVIER was met ’n tyd van 27 minute 57 sekondes Saterdag (28 Mei) se wenner van die 288ste Oudtshoorn Parkrun by die Surval Olyflandgoed, met twee nuwelinge, Abraham Patrick (29:16) en Petrus le Roux (31:17) wat onderskeidelik die tweede en derde plekke ingeneem het.
Caroline Erasmus (32:44) was die vrouewenner terwyl Liz Boshoff die mylpaal van ’n 100 Parkruns agter haar naam geskryf het.
Die voorste drawwers en stappers van die 36 deelnemers, na die eerste drie, was Yaron Venter (31:18), Conrad Jullies (31:19), Henry Carstens (31:20), Tarren Jullies (32:45), Annemarie le Roux (32:46), Retha Botha (33:42), André Botha (33:43), Lluwellyn Coetzee (34:19), Sylvia le Roux (35:26), Magna de Jager (36:09), Maurice Wicomb (37:33), Lampies Lamprecht (39:17), Griet Coetzee (41:13), Irma Stevens (43:05), Sheriah Rose (45:36), Rhian Rose (45:47) en Garnett Wicomb (47:20). (Deur Garnett Wicomb)
36 neem deel aan 288ste Parkrun
Liz Boshoff het die mylpaal van ’n 100 Parkruns agter haar naam geskryf. (Foto verskaf)