Vaardigheidskoolspan trek tou op nasionale vlak

Die Oudtshoorn Vaardigheidskool se 440 en 480 kg-toutrekspanne het vanoggend (Donderdag) saam met hul afrigters Malmesbury toe vertrek om Oudtshoorn dié naweek by die Suid-Afrikaanse Junior Toutrekkampioenskappe te gaan verteenwoordig. Hulle is Woensdagoggend (16 Maart) tydens ’n spesiale byeenkoms en met ’n groot gejuig van leerders en onderwysers by die skool voorgestel met nuwe uniforms en energieprodukte, geskenk deur die span se borge. Hul afrigters is agter, van links Rudolf Serfontein, Elrico Andrews, Hannes Botes en Cornay Rabie. Middel, tweede van regs, is Jolindi Jordan. Foto: Stefan Skapie Goosen