Vaardigheidskool se Langtafel feestelik

Die Oudtshoorn Vaardigheidskool het Donderdag, 1 Desember ’n swierige, feestelike “Langtafel-ete” by die skool se Karools Lapa in Albertstraat aangebied waar ieder en elk van hul borge, ondersteuners en skool beheerliggaamslede onthaal en bederf is. Die kos was uit die boonste rakke, voorberei deur die skool se eie leerders, en elkeen teenwoordig is ’n blykie van waardering gegee in die form van ’n sertifikaat wat hulle kon huistoe neem. Die Hoorn is ook saamgenooi. Foto onder: Skoolhoof Gavin Block bedank die skool se borge, ondersteuners en skool beheerliggaamslede. Foto’s: Stefan Skapie Goosen