Twee leerders van Eljada-Kairos verwerf Wes-Kaap Sportkleure
Twee leerders van die Eljada-Kairos Skool op Oudtshoorn se senior kampus het in die eerste week van Oktober Wes-Kaap sportkleure verwerf, en die skool en dorp se naam hoog gehou. Morthan Lindt (17, links) en Amy Baartman (18, regs), tesame met oud-leerder Bradley Manwill, het aan die Suid-Afrikaanse sportbyeenkoms vir leerders met intellektuele gestremdhede tussen 1 en 7 Oktober in Mbombela gaan deelneem. Morthan het aan ‘futsal’ deelgeneem, Amy aan netbal, en Bradley aan beide krieket en atletiek. Hennie Baartman (middel), skoolprinsipaal, het gesê die skool is voorwaar trots op hier-die leerders. Foto: Stefan Skapie Goosen