Oudtshoorn die gasheer vir 2023 SA Padfietskampioenskap!

Oudtshoorn sal in 2023 weer eens gasheer speel vir die Suid-Afrikaanse Padfiets-, Tydtoets- en Kriteriumkampioenskap! Hierdie aankondiging is onlangs deur Fietsry Suid-Afrika gemaak, en dit sal die vyfde keer wees dat hierdie nasionale fietsren op die dorp aangebied word. Volgens Corné Bence, voorsitter van die Wes-Kaap Fietsryvereniging en inwoner van die dorp, is dit ’n groot eer en sien die organiseerders uit daarna om fietsryers, gaste, belangstellendes en dies meer van regoor die land hier te verwelkom. Die kampioenskap sal van 8 tot 12 Februarie aangebied word. Verdere besonderhede oor die kampioenskap sal volg. In die foto is drie o.17-seuns wat vir groot opwinding gesorg het tydens vanjaar se kriterium-fietsrenne in Bridgton, in Maart. Hulle het vir byna die hele 35 minute van die fietsren op mekaar se hakke gesit, en konstant plekke geruil. Foto: Stefan Skapie Goosen