Hoërskool Oudtshoorn het onlangs sy Mnr. en Mej. Struisie 2026 aangebied – ’n glansaand met die tema geïnspireer deur The Greatest Showman.
Leerders het die verhoog met selfvertroue aangepak en die gehoor behoorlik vermaak, met Jodan January wat as Mnr. Struisie 2026 en Hania Gertsner as Mej. Struisie 2026 gekroon is.
Die ander wenners was Minathi Tyatya as eerste prinses, Christopher Moos as eerste prins, Aqhamile Salimani as tweede prinses en Oyama Khanyinzana as tweede prins.
Die persoonlikheidstoekennings het gegaan aan Noni Magubula en Re-Shaden Roos.
Die aand was ’n kleurvolle viering van die leerders se persoonlikhede, talent en skoolgees – soos ook duidelik gesien kan word in Die Hoorn se fotoblad van die geleentheid.
Die Hoorn se redakteur, Angelique Erasmus het as seremoniemeester vir die aand opgetree.
Bekende fotograaf, Hans van der Veen, het die aand vasgelê en gesorg vir ongelooflike foto’s.



Be the first to comment on "Mnr. en Mej. Struisie 2026 ’n aand vol glans"