Logan op pad na Cravenweek

Logan Jantjies, ’n leerder van Hoërskool Oudtshoorn, is onlangs gekies om die SWD Cravenweek o.18-span te verteenwoordig. Hoërskool Oudtshoorn, Hoërskool Outeniqua en Hoër Landbouskool Oakdale is die enigste drie skole wat vanjaar spelers wat aan die o.18-Cravenweek gaan deelneem, opgelewer het.

Die Cravenweek vind vanaf 3 Julie tot 8 Julie plaas en word by Hoërskool Outeniqua aangebied. Logan is tans ’n graad 11-leerder by Hoërskool Oudtshoorn en is ’n baie belowende rugbyspeler. Volgens die skool gaan Logan nog vele kere ’n rugbytrui oor sy kop trek en is die skool trots om hierdie veelsydige voorspeler, nie net by die Cravenweek nie, maar ook in hul eersterugbyspantrui te sien uitdraf.

Logan het verlede jaar aan die o.16-Grant Khomo-week deelgeneem en is ook in die SWD-7’s-span opgeneem. Foto verskaf