Trompoppie-koors loop hoog met strawwe kompetisie

Die SWD Majorette and Cheerleading Association het Saterdag (27 Mei) hul “groep en kleingroep’-kompetisie aangebied met ouers en toeskouers by die De Jager Sportkompleks wat hulself terdeë geniet het. Hierdie sportsoort is baie populêr in die omgewing en lok met elke byeenkoms talle toeskouers van regoor die distrik. Tydens dié kompetisie is SAMCA-kleure ook aan sekere “drummies” toegeken. Heelbo is die Oudtshoorn Majorettes-span, bo is die Van Rheede-span en onder is die Bridgton Senior Sekondêre skool se span. Foto’s: Stefan Skapie Goosen